" n Goeie reputasie is duur, maar n goeie karakter is onbetaalbaar."
Hierdie aanhaling som vir my as hoof die kultuur van ons skool in 'n neutedop op.
Vir die afgelope 60 jaar lewer Hoër Tegniese skool Tom Naude produkte van uitnemendheid.
Wanneer mens met die leerders van ons skool te doen kry, besef mens opnuut dat hul gewoond is om na aan God te leef, hul lag dikwels, hul behandel hul meerderes en minderes met integriteit, vertroue en medemenslikheid. Die skool se leuse: Labor Omnia Vincit ~ Werk oorwin alles ~ dien as elke leerder se inspirasie en niemand dink ooit hul bydrae is klein of onbelangrik nie.
Die jongste veranderings aan die kurrikulum is noodsaaklik vir Tegniese skole. Ons sien met groot verwagtinge uit na die implimentering van die Spesialiseering van ons Tegnologie vakke.
Die agting en respek wat tussen my, die personeel en die leerders bestaan is wonderlik en kenmerklik van ons skool. Tommies; wat 'n voorreg om hierdie Godgegewe taak daagliks met julle te deel!

Ferdie Liddle
Skool kontak besonderhede:
Tel: 015-298-8710
Faks: 0866-713-982
E-Pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it





